Jou Heel Beste Belegging

____________________________________

Dit kan eintlik net jou eie besigheid wees

Dis wat Robert Kiyosaki sê. Hy is die skrywer van beroemde boek “Rich Dad, Poor Dad”, en vandag self ‘n skatryk sakeman, entrepreneur en belegger. 

Maar nie enige iemand kan maklik ‘n eie besigheid begin nie. Die risiko’s en die kostes is dikwels eenvoudig te groot.

Gewone mense wat buitengewone inkomste verdien

 Maar daar is een besigheidsmodel, netwerk-bemarking, wat nie een van die hindernisse het nie, en wat dus met reg beskryf kan word as die heel beste belegging.

Iemand het netwerk-bemarking een keer beskryf as die mees toeganklike manier vir gewone mense om buitengewone inkomste te verdien – as hulle bereid sou wees om die belegging te maak in tyd, geld en sweet om te doen wat volgens die voorgeskrewe besigheidsplan vereis word.

Maar wat sou ‘n realistiese belegging wees?

Dit kan jy net uitvind as jy weet presies waarin jy belê. 

'n Groeiende belegging

Wat sou jy bereid wees om te belê in ’n besigheid wat die potensiaal het om ’n skoon wins te maak elke maand van tussen R1000 en R50 000 en meer – ’n inkomste-potensiaal wat net beperk word deur hoe groot jou drome is en hoe vasbeslote jy is om te bereik wat jy wil bereik?

Wat sou jy bereid wees om te belê as jy kon weet

  1. dat jy nie ’n sent van die wins sou hoef te gebruik om personeel mee te betaal nie (want jou besigheid sal geen werknemers in diens hê nie);
  2. dat niks van dié wins gebruik sou moet word om vir infrastruktuur te betaal nie (want jy sal jou besigheid van die huis af  bestuur);
  3. dat jy nie nodig sal hê om enige iets van die wins te gebruik om produkte te ontwikkel of verbeter nie (want dis reeds klaar gedoen);
  4. dat jy niks van die wins sou hoef te gebruik om groot voorrade aan te koop en te stoor nie (want dit word nie van jou verwag om produkte te versprei nie)?

Wat van die risiko’s, die produkte en ‘n plan van aksie?

Wat sou jy bereid wees om in jou eie besigheid te belê as jy kon weet

  1. dat jy heeltemal gratis ’n volledige besigheidsplan sou ontvang om jou besigheid so te kan struktureer dat jy die inkomste wat jy wil hê, kan verdien?
  2.  dat jy dié persoonlike “Everest” kan aanpak sonder enige risiko, en dat jy enige tyd daarvandaan sou kon wegstap sonder enige verlies as jy dalk sou voel dis nie vir jou nie?
  3. dat  jy saam met alles ’n volledig funksionele besigheid kry toegerus met hoogsbegeerlike wêreldklas-produkte?

Watter soort werk gaan jy moet doen om suksesvol te wees?

Om 'n span gemotiveerde leiers touwys te maak

Wat sou jy bereid wees om te belê as jy weet dat die verkoop van daardie wêreldklas produkte nie jou “werk” is nie….

  1. dat jou “werk” sou wees om jou beleggingsgeld te gebruik om vir jouself van dié wêreldklas produkte te koop;
  2. dat om die besigheid te begin bloot sou beteken dat jy vir ’n paar vriende leer wat jy nou besig is om te leer oor dié buitengewone besigheid, en hoe om dié kennis suksesvol toe te pas;
  3. dat om die besigheid (en jou inkomste) te laat groei sou beteken om jou vriende te leer om ook vir hulle vriende presies dieselfde te leer, en toe te pas;
  4. dat gratis inligting en leiding beskikbaar gaan wees om jou te help om dié oorgang te maak na besigheidseienaarskap?

Is dit werklike eienaarskap?

En wat is die alternatiewe?

Wat sou jy bereid wees om te belê in dié buitengewone besigheid ….

  1. as jy kon weet dat jou eienaarskap werklike eienaarskap is wat jy selfs aan jou kinders kan oordra as ’n erflating?
  2.  as jy kon weet dat die alternatief te erg is om te oorweeg – dat om, byvoorbeeld, ’n konsessiebesigheid te begin (franchise) of enige ander “gewone” besigheid jy êrens vandaan ’n lening sou moes kry van minstens R100 000, dikwels meer as R1miloen, net om die besigheid aan die gang te kry?

En dan het jy nog nie eers die ekstras bygetel nie: die risiko’s, die koste van die nodige infrastuktuur, werknemers, en voorraad. Dit alles, terwyl jy self in die meeste gevalle nooit werklik die eienaar sal wees nie.

Die “no-brainer”-element

As jy sou uitvind dat jou minimum belegging vir al die voordele hierbo net ongeveer R300 tot R400 per maand is, wat jy boonop kan spandeer op, byvoorbeeld, huishoudelike produkte (wat jy in elk geval reeds elke maand koop), en gesondheidsprodukte vir jouself, sou dit klink na ‘n redelike belegging?

Wat sou jy besluit as jy sou uitvind dat al hoe meer wêreldbekende sakeleiers soos Donald Trump, Robert Kiyosaki en Warren Buffet netwerkbemarking beskryf as die mees toeganklike manier vir gewone mense om die soort inkomste te verdien wat nie vir gewone salaristrekkers beskore is nie?

Jy sou waarskynlik saamstem dat daar soveel goeie argumente is om die belegging te maak, dat daar eintlik niks is om oor te dink nie.

Hier verduidelik Robert Kiyosaki, skrywer van “Rich Dad, Poor Dad”, self  hoe hy die waarde en potensiaal van netwerkbemarking ontdek het.

 

Om alles in perspektief te stel, dink ’n bietjie hieroor: Die grootste risiko wat jy loop deur niks te doen nie en die geleentheid by jou te laat verbygaan, is om gedurende Mei en Junie tussen R2000 en R2500 se inkomste te verloor (plus al die duisende rande se inkomste in die maande en jare wat volg) omdat jy nie kans sien om maandeliks R300 in jou eie gesondheid te belê nie. 

Klik hier om te lees oor die ekstra inkomste wat jy oor die volgende maand of twee kan verloor deur niks te doen nie.

Maar as jy besluit jy’s ’n entrepreneur wat dadelik wil begin, sommer oor die internet, klik hier. Of as jy liewer na ’n Sportrontak of –depot naby jou wil gaan en jouself daar wil registreer klik hier vir inligting oor die verskillende sentra en die registrasievorm.

Of bel 083 289 2839. 

En BEGIN!

___________________________________  

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: