Hoekom aanvullings noodsaaklik is

____________________________________

Die resep vir langdurige jeug 

____________________________________

“Nothing can keep you from growing old

but you can do something to put the process on hold”

____________________________________

Vertraag die proses en bly gesond

Om te verstaan wat dié “something” is wat jy kan doen om die verouderings-proses te vertraag, moet jy so ’n bietjie agtergrond hê oor die “boumateriaal” wat jou liggaam elke dag nodig het.

Elke orgaan in ons liggame, elke been, elke stukkie weefsel, elke druppel bloed bestaan uit selle wat aanhoudend doodgaan en vervang moet word met nuwe selle.

Ons is natuurlik nie bewus van die konstruksiewerk wat voortdurend aan die gang is nie, maar het jy geweet jou liggaam vervaardig elke dag nagenoeg 200 biljoen rooibloedselle?

Teen dié koers vervang jy al die bloed in jou liggaam elke 4 maande!

Het jy geweet dat jou vel elke 60 tot 90 dae heeltemal vervang word met nuwe vel? En in dieselfde tyd word ou been in jou liggaam afgebreek en vervang met nuwe been!

Die materiaal wat vir al die konstruksiewerk nodig is, bestaan uit proteïen, vitamiene en minerale.

Materiaal-tekort sal dié produksielyn tot stilstand bring

Dit is die boumateriaal wat jy nodig het om die selvervaardigings-proses aan die gang te hou. Dis soos ’n 24/7 produksielyn wat nooit tot stilstand kan kom nie.

Wanneer daar nie genoeg materiaal beskikbaar is om die produksie-proses glad te laat verloop nie, word minder selle vervaardig en so ontstaan ’n agterstand.

Een van die vanselfsprekende tekens van so ’n agterstand is vroeë plooie – tekens dat jy vinniger ouer word as wat jy behoort.

Maar veroudering het self ook ’n uitwerking: dit vertraag die vervaardigingsproses en maak dit minder effektief, en so raak die agterstand al groter.

Die Roesfaktor – vrye radikale

Daar is ook ’n 3de faktor wat nie soseer die doeltreffendheid van die selvervaardiging beïnvloed nie, maar eerder die kwaliteit en lewensduur van die selle wat vervaardig word.

Stel jou voor dis jou elmboog!

Dit word veroorsaak deur “vrye radikale”, eintlik roof-molekules wat selle aanval. En jy kan nie dié rowers ontsnap nie. Hulle is letterlik orals – selfs in die lug wat jy inasem.

Die effek wat dié aanval op jou liggaamselle het, kan vergelyk word met ’n stuk yster wat aan die elemente blootgestel is en roes, met ander woorde: oksideer, tensy jy dit ’n lagie verf gee, iets wat die oksidasie-proses keer.

Om dus jou liggaamselle te beskerm teen dié oksidasie-proses het jy baie anti-oksidante in jou dieet nodig – en dié het ons vroeërjare normaalweg ingekry deur vars gekweekte groente en vrugte te eet.

Klik hier om meer te lees oor die kragtigste anti-oksidant wat jy vir jou liggaam kan gee, of gaan na: http://netwaarde1ste.wordpress.com/2010/06/20/bly-jonk-tot-op-jou-oudag/.

Die Kosfaktor

Wat ons dus nodig het om elke dag ’n konstante voorraad nuwe, gesonde, sterk  liggaamselle te hê om die plek van ou, dooie selle in te neem, is nie net vitamiene, minerale en proteïene nie, maar ook anti-oksodante.

Al dié “boumateriaal” kan ons normaalweg genoeg van kry in die kos wat ons elke dag eet.

Ongelukkig is daar ’n hele rits redes waarom die kos wat ons eet nie meer die regte kwaliteit “boumateriaal” verskaf nie. En dit ontwrig die selproduksie in ons liggame ernstig.

Chemiese behandeling om op te maak vir grondarmoede

Een van die belangrikste redes hiervoor is dat die landbougrond waarin ons kos massa-geproduseer word, lank reeds uitgeput is en jaarliks met tonne chemies bemes-tingstowwe behandel moet word om groente en vrugte te kweek wat mooi lyk maar arm is aan die belangrike organiese voedingstowwe wat ons so nodig het.

Dan word die vrugte of groente voor dit ryp is geoes sodat dit mooi en vars kan lyk wanneer dit op die winkelrakke verskyn. In dié soms wekelange proses gaan baie van die voedingswaarde wat daar was tot niet nog voor ons die kos koop.

Deel van dié proses is verkoeling, kunsmatige rypmaak, preservering en uiteindelik die finale nekslag wanneer die kos gekook en voorberei word.

____________________________________

Klik hier om meer te lees oor hoe al dié faktore die voedingswaarde van die kos wat ons eet so te sê heeltemal vernietig, of besoek: http://www.wellness.ma/diet/why-supplement.htm. Dié webblad noem al die faktore wat die kwaliteit van ons kos beïnvloed en skets ’n nogal donker prentjie van die impak wat dit op ons gesondheid het. Die skrywer se slotsom is:

Once you examine the facts, the question is no longer “why supplement?” but rather “why wouldn’t you supplement?” Whether you need to correct a deficiency, want to improve your health and nutritional status, want to make up for poor diet and a stressful lifestyle, or you want to reduce your risk of disease, supplementation is crucial. Nutritional supplementation can provide nutrient enrichment, improve digestion and help with detoxification. People feel healthier and more energetic when they take supplements. Supplements can help increase overall fitness and well-being, improve the quality of your life, protect against premature aging and support the immune system. If you care about your health, the choice is clear – supplementation is essential!

________________________________

Die Aanvullingsfaktor in veroudering

Om dus langer jonk te bly moet jy sorg dat die selle van jou liggaam beskerm word en dat die selvervaardigingsproses sonder vertragings vlot verloop.

Met al die faktore hierbo genoem, kan ons dus nie meer net staatmaak op die gewone kos wat ons elke dag eet nie. Voedselaanvulling is nie ’n luukse nie. Dit het eintlik lewensnoodsaaklik geword om die produksie van gesonde sterk liggaamselle aan die gang te hou.

Begin vroeg met aanvullings, bly gesond, en verouder mooi en waardig

As jy nie vroeg reeds die regte aanvullings neem nie SAL jy vroeg begin verouder.

’n Belangrike gevolg van dié verouderings-proses sal vatbaarheid vir siektes wees.

As jy eers in dié afwaartse spiraal is, is dit so te sê onmoontlik om die proses om te keer – tensy jy iets doen in verband met die tekorte aan geskikte boumateriaal vir jou liggaam se sel-produksielyn.

Die Kostefaktor

Netwerkbemarking in die gesondheidsbedryf stel jou nie net in staat om die nodige “boumateriaal” vir jouself in die hande te kry nie, maar om dit goedkoper en selfs verniet te kry – as jy net bereid sal wees om vir ander mense te vertel hoe jy so jonk bly, en hulle help om dieselfde te doen.

Jy kan inderwaarheid ekstra geld verdien terwyl jy dit vir jouself moontlik maak om langer jonk te bly – en ten slotte die ekstra geld in goeie gesondheid te geniet.

En as jy in die proses “gratis” toegang kan kry tot die doeltreffendste voedselaanvullers wat nog ooit geproduseer is – FoodState-aanvullers – wat ’n voorreg!

Klik hier om meer te lees oor FoodState, of besoek: http://ockert.sportron.co.za/main.aspx?ID=592 waar jy ’n lys “Frequently asked questions” sal kry. Een van die vrae is “What is FoodState?” Klik die vraag om die antwoord te kry.

____________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: