Hoe om jou aanvullings verniet te kry

_______________________________________

Deel net jou geheim genoeg kere  

’n Mens kom dikwels in die versoeking om “geld te spaar” deur minder uit te gee op aanvullings, of om heeltemal op te hou daarmee – tensy jy weet dat voedselaanvulling noodsaaklik is, so noodsaaklik soos om elke dag behoorlik te eet.

Deel jou geheim

Die tragedie is dat ons almal ons aanvullings VERNIET kan kry – as daar net genoeg mense is wat bereid is om hulle geheim van goeie gesondheid te deel met minstens 6 ander mense wat bereid is om dieselfde te doen (hulle geheim te deel) sodat hulle hulle aanvullings ook verniet kan kry.

___________________________________

Dit werk so

As jy 6 mense kan kry wat net hulle aanvullings verniet wil kry deur self elkeen net 6 te kry wat ook hulle aanvullings verniet wil hê (hoe moeilik kan dit wees?!), sal jy reeds 42 produkgebruikers in jou besigheid hê wat vir jou omtrent R400 per maand sal verdien solank al 42 aanhou om elke maand hylle aanvullings te koop en te gebruik.

Ek het begin as ’n tipiese produkgebruiker

Toe ek my Sportronloopbaan begin het, was dit as ’n produkgebruiker wat net geïnteresseerd was daarin om die heel beste vitamine en minerale teen die heel beste prys in die hande te kry.

Persoonlike ervaring het my destyds reeds oortuig van die noodsaaklikheid van voedselaanvulling.

Ek het besluit om te registreer toe ek uitvind dat ek ’n 23% afslag kon kry as ek by Sportron registreer as ’n gereelde produkgebruiker en bereid was om elke maand ’n minimum hoeveelheid te koop: 100 persoonlike produkpunte vir ongeveer R300.

Dis ook vir my gesê dat die 23% afslag op sekere produkte (soos Ultragard Forté wat in elk geval heel bo aan my lysie was) alreeds meer was as die jaarlikse R50  registrasiegeld – net meer as R4 registrasiegeld per maand vir ’n maandelikse afslag van omtrent R100 op al jou gesondheidsprodukte!!

Toe is daar vir my verduidelik dat as ek eers gesondheidsvoordele begin ervaar en ek my geheim met ander mense sou deel, ek nie net hulle lewens sou kon help verander nie, maar dat Sportron my selfs daarvoor sou betaal, en dat dié geld die koste van my eie produkte verder sou verminder.

Van daar af was dit een klein logiese sprong om te besef dat as ek my geheim met genoeg mense kon deel ek selfs genoeg kon verdien om vir al my aanvullings te betaal.

Vreemd genoeg, toe ek eers die lewensveranderende uitwerking van die FoodState gesondheidsprodukte begin ervaar het, was dit vir my die natuurlikste ding om met ander mense te gesels wat dieselfde probleme gehad het.

En ek bedoel “lewensveranderende uitwerking”, want jig en artritis was besig om my muurbaldae minstens 20 jaar te vroeg te beëindig. Ek is vandag amper 70 jaar oud en speel nog steeds muurbal op ’n kompeterende vlak.

Ek gebruik my Sportron gesondheidsprodukte nou al vir baie jare heeltemal verniet, net omdat ek “my geheim” met genoeg ander mense gedeel het.

Maar verreweg die belangrikste ding wat ek geleer het by die persoon wat my geregistreer het, was dié les: “Dit help nie om vir mense net van een helfte van jou geheim – die gesondheidsvoordele – te vertel nie. Die belangrikste deel van jou geheim is hoe jy jou aanvullings heeltemal verniet kry, en hoe jy jou gesondheid verniet teruggekry het!”

Die punt was dat ek die mense wat die produkte begin gebruik het, moes help om eerstens selfvertroue te kry dat die produkte werk, en dan hulle geheim te deel met ander mense sodat hulle ook geld kon terugkry van Sportron af omdat hulle hulle geheim so effektief met ander gedeel het.

Toe ek omtrent 30 mense (direk en indirek deur ander) so gehelp het om die aanvullings wat hulle nodig gehad het, teen ’n dramaties verminderde prys in die hande te kry, het ek omtrent R300 per maand van Sportron ontvang. Dis van omtrent toe af dat ek nooit weer “uit my eie sak” vir my Sportron-aanvullings moes betaal nie.

So, hier is my uitdaging aan jou: kyk of jy elke week minstens een persoon se lewe kan verander deur hom of haar te help om ’n langtermyn FoodState oplossing vir hulle gesondheidsprobleme te kry.

As jy net een persoon per week so kan help, gaan dit nie baie maande vat voor jy elke maand  genoeg by Sportron verdien om vir jou eie aanvullings te betaal nie.

En onthou: wanneer die mense wat jy persoonlik verwys het (jou eerste generasie) hulle geheim met hulle eie kennisse (jou tweede generasie) begin deel en dié mense ook die langtermyn FoodState oplossing begin gebruik, betaal Sportron jou daarvoor ook.

Sportron betaal jou nog steeds as nie net jou tweede generasie nie, maar selfs jou derde, vierde, vyfde generasies, ensovoorts, begin om die langtermyn FoodState oplossing te gebruik – selfs al het jy persoonlik niks te doen gehad daarmee dat hulle begin het nie.

Dis hoe jy redelik gou meer kan begin verdien as wat jou eie aanvullings jou elke maand kos.

Van dan af het jy as’t ware ’n masjien tot jou beskikking wat ’n 2de inkomste genereer.

Geen apteek of supermark sal dit vir jou kan, of wil aanbied nie!

Die heel beste omtrent dit alles is dat jy in die proses so baie mense, direk of indirek, gehelp het om gemoedsrus te kry oor twee van die GROOTSTE VRESE wat mense het: die vrees vir terminale siekte, en die vrees vir finansiële ellende en werkloosheid.

________________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: