Die verskil tussen Sukkel en Sukses

_______________________________________

Kan Netwerkbemarking hier die antwoord wees?

Hier is ’n verstommende suksesverhaal, ‘n SPORTRON-suksesverhaal uit, van alle plekke: Thailand. Dis ’n verhaal van ongelooflike sukses reg in die middel van die ergste wêreldwye resessie die afgelope paar dekades – ‘n bewys dat netwerkbemarking ‘n resessiebestande bedryf is.

Dis terloops ook ’n bewys dat SES al verskil is tussen SUKKEL en SUKSES  in netwerkbemarking.

Dis die verhaal van iemand wat reg aan die begin van sy loopbaan in netwerkbemarking verstaan het dat dit ’n sisteem is waar alles draai om die maak van goeie, kwaliteit konneksies, en die bou van goeie, kwaliteit verhoudings en goeie, kwaliteit vennootskappe.

Hy het verstaan dat die fisiese verkoop van produkte nie iets is waarmee hy hom hoef besig te hou nie, en dat jy jou geld verdien deur die besigheidskonsep bekend te stel aan ander mense wat ook ekstra geld wil maak deur op dieselfde manier hulle eie netwerkbemarkingsbesighede te bou.

Sukses deur saam te werk

Hy het verstaan dat soos jy jou vennote help om sukses te behaal deur te doen wat jy doen, groei jou besigheid ook.

Hulle het almal verstaan dat hulle die produkte moes gebruik om geld te kan verdien by SPORTRON. Dis hoe die maatskappy se omset groei wanneer jou besigheid groei. En dis waarvoor jy betaal word.

Die feit dat hy reg van die begin af hierdie eenvoudige basiese konsepte van netwerkbemarking gesnap en toegepas het, het dit vir hom moontlik gemaak om binne ’n paar jaar die toppunt in SPORTRON te bereik en homself finansieel vry te maak.

___________________________________________

Suriya Rajakhum, ’n deskundige op die gebied van Ruimtetuig-tegnologie en Sateliet-kommunikasie in Thailand, het ongeveer 6 jaar gelede besluit om een van die hoogsbetaalde betrekkings in Thailand, dié van Direkteur van Kommunikasie van die Koninklike Lugmag van Thailand, ’n pos waaroor die meeste mense in Thailand maar net kan droom, te verruil vir ’n loopbaan in Netwerkbemarking saam met SPORTRON.

Op sy blog het SPORTRON se president, Keith Harding, vir Suriya so aangehaal: “SPORTRON has not only changed my life, but is also changing the lives of thousands of people in Thailand and throughout Asia.”

Jy mag dalk dink dat iets ernstigs moes gebeur het, om ’n briljante jong wetenskaplike in ’n hoogsbetaalde amp, so ’n onverklaarbare lewensbesluit te laat neem, in ’n land waar die meerderheid van die mense desperaat armoedig is.

As jy eers sy storie gehoor het, sal die besluit nie meer so onverklaarbaar klink nie.

Suriya verduidelik dat hy in sy spaartyd verskeie maatskappye gehelp het met hulle sagteware-rekenaarprogramme. Dis hoe hy by SPORTRON uitgekom het.

Vier jaar lank was hy vir SPORTRON in Thailand ’n deeltydse rekenaar-programatuurkonsultant.

“What I saw happening in SPORTRON shocked me. The company was growing at a phenomenal rate and what really surprised me the most was how much money their members were earning.

Sportron-sukses in Thailand

I saw young people, some as young as 25, earning monthly incomes of $10,000 to $20,000, and even one 25 year old lady earning $70,000 per month. These people were not only earning ten times more than me but they also had the time and freedom to enjoy their lives.”

Suriya het baie gou besef dat hy die verloorder gaan wees as hy langer ’n buitestaander bly. As die jong mense dit kan doen, kan hy dit ook doen!

In April 2006 het Suriya die besluit geneem wat sy lewe handomkeer sou verander: Hy het ’n SPORTRON-vennoot geword en sy eie SPORTRON-besigheid begin.

In 2009, net 3½ jaar later, het Suriya meer as 10 000 vennote in sy organisasie gehad. Hy het sy besigheid uitgebrei na Cambodia, Laos, Singapoer en Maleisië. – dalk dieselfde as om hier in Suid-Afrika uit te brei na van die ander provinsies – en hy het in September 2009 SPORTRON se hoogste statusvlak bereik Nasionale Vise President (NVP).

In dieselfde jaar het sy inkomste die $700 000 kerf verbygesteek.

Suriya sal jou nie laat vergeet dat sy sukses gekom het van die ongelooflike leiers met wie hy hom omring het en wat hy opgelei het nie. Hy het nou reeds 25 Direkteure en 6 Uitvoerende Direkteure help ontwikkel, en 3 van hulle beplan om teen die einde van 2010 NVP-status te bereik.

Hy besef die sukses van sy leiers bepaal sy eie sukses!

Suriya sal ook die eerste wees om jou te vertel dat ’n leier nooit kan ophou om nuwe vennootskappe te vorm en nuwe leiers te vind wat die geleenthede wat netwerkbemarking bied wil benut nie.

Hier vertel hy sy verhaal op Thailand se Nasionale TV – in Thai ongelukkig, so jy sal nie veel verstaan nie. Maar dis hoe die man lyk wat 6 jaar gelede niks van netwerkbemarking geweet het nie:

Die verhaal wat hy vertel waar hy ookal kom is: “To have the success that I have enjoyed, not only must you work hard, you must also have great products and a plan that pays well; SPORTRON has both.”

__________________________________________

In ’n land soos Thailand moet die syfers wat Suriya noem, ”skokkend” wees soos hy sê. Maar Thailand is nie ’n uitsondering nie.

In elke land waar SPORTRON begin het, het dit lewens op ewe dramatiese wyses verander vir mense wat verstaan het wat hulle moet doen om geld te maak.

Maar sonder uitsondering was die suksesvolste mense dié wat die waarde van goeie, soliede verhoudings besef het en wat die leierskapkwaliteite besit het, of bereid was om daardie eienskappe te ontwikkel sodat hulle leiers kon trek.

Dis ondenkbaar dat Suriya ’n paar jaar gelede nie eers geweet het van Netwerkbemarking of SPORTRON nie. Dit is ook ’n verhaal wat demonstreer hoe dit wat jy nie van netwerkbemarking weet nie, vir jou skakdelik kan wees.

Iemand het eenkeer gesê: “die geheim om in die lewe iets te bereik, is om te begin”. Suriya is in lewende lywe ’n bewys van dié waarheid.

____________________________________   

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: