Oor die Skrywer

____________________________________

Leuse

Die strewe van die maatskappy, Sportron Internasionaal, met wie ek in vennootskap is, is om dit vir alle mense moontlik te maak om hulle ekonomiese welsyn te verbeter en hulle lewenskwaliteit te verhoog.

 

Dit is ook my leuse.  

 

____________________________________ 

My Persoonlike Doelwit 

Die doel van my onderneming wat ek besit in vennootskap met ‘n internasionale maatskappy, Sportron, is om leiding te gee aan mense wat meer vryheid soek in hulle lewens, wat as’t ware hulle eie baas wil wees en vir hulleself ’n volhoubare passiewe inkomste wil skep deur ook in vennootskap met my en Sportron ‘n eie besigheid te begin.
 
My rol is om vir hulle te wys hoe om ’n merkwaardige besigheidsplan te dupliseer en vir hulle te laat werk.
 
Dié besigheidsplan is tot jou beskikking die oomblik wanneer jy jou eie risiko-vrye besigheid registreer in vennootskap met SPORTRON, ’n internasionale gesondheidsmaatskappy.
 
Een van die hulpmiddels wat ek gebruik om my vennote te help is die VitaNetwerk-nuusbrief waaruit jy hier ‘n paar uittreksels kan lees wat vir jou ‘n bietjie agtergrond sal gee oor wat die besigheidsplan behels, wat die inkomste-moontlikhede is en wat jy sal moet doen om die inkomste te genereer.
 
Okkie Venter

(Lees meer oor VitaNetwerk deur hier te klik)

___________________________________

’n Hulpmiddel met ’n persoonlike geskiedenis

 

VitaNetwerkis eintlik die resultaat van wat die afgelope klompie jare met ons as gesin gebeur het.
 
Toe ons so 17 jaar gelede begin het om Sportron se aanvullings te gebruik, was alvier van ons, soos die meeste mense wat ons ken, nie regtig sieklik nie, maar net gereeld siek – met griep en verkoue, en gereeld by die dokter se spreekkamer vir hulp met allerhande pyne en skete.
 

Antoinette, Okkie, Jacques en Tiana

Vandag is ons almal 17 jaar ouer. Griep en verkoue is glad nie meer ’n faktor nie, en die pyne en skete (spastiese dikderms, asma, allergieë, en artritis-gewrigte) wat normaalweg na 17 jaar baie erger behoort te gewees het, is sonder doktershulp vir jare nou al nie meer deel van ons verwysingsraamwerk nie.

 
Dis dus verstaanbaar dat ons alvier baie het om oor dankbaar te wees.
 
Dié verhaaltjie van ons lewens bied waarskynlik hoop vir baie mense wat voel hulle is magteloos uitgelewer aan ’n mediese bedryf wat floreer op hulle siektes, deur simptomatiese verligting te bring en nie regtig permanente genesing nie.
 
Dis hoekom ek dié blog begin het – nie net om die verhaal te vertel nie, maar veral om ’n alternatiewe uitweg aan te bied aan dié lesers wat dalk nou dieselfde ervaring het as wat ons 17 jaar gelede gehad het en wat dalk begin glo het dat gereelde doktersbesoeke “normaal” is, en dat dit normaal is om kort-kort griep of verkoue te kry.
 
Ek is na 17 jaar oortuig daarvan dat gereelde dokterbesoeke absoluut abnormaal is.
 
Jou liggaam is een van die perfekste skeppinge in die heelal en in staat om met die regte voeding die meeste siekte-toestande te voorkom of in die kiem te smoor.
 
Chemiese voorskrifte bied hoogstens tydelike verligting, en jy gaan maar net kort-kort moet teruggaan vir nog meer van dieselfde duur medisyne – tensy jy iets doen om jou liggaam behoorlik te voed.
 
Maar wees gewaarsku: die mediese bedryf, sommige mense noem dit die “siektebedryf”, hou nie van dié “voorkomende alternatief” nie, want hoe vinniger dit veld wen, hoe vinniger kwyn die bron van inkomste wat van die mediese bedryf een van die magtigste bedrywe gemaak het wat daar is.
 
Dus, wees voorbereid daarop dat in die media al hoe meer “nuwe feite” gaan opduik aangebied deur sogenaamde “mediese wetenskaplikes” oor die “onwetenskaplikheid” – selfs die “gevaar” – van alternatiewe metodes van voorkoming van siektes.
 
Ek is nie ’n wetenskaplike nie, maar die feit dat ons alvier vandag 100% gesonder is as wat ons 17 jaar gelede was, is vir my genoeg “wetenskaplike” bewys dat aanvullings werk – ten minste die FoodState-aanvullings wat ons gebruik!
 
Dis die een rede vir die blog. Die ander rede sal jy in die videotjie hier onder kry waarin ek vertel hoe die inkomste uit netwerkbemarking my bas as pensioenaris gered het.
 
Ek het ’n goeie werk by die SAUK gehad en ek is baie dankbaar oor die pensioen wat ek vandag ontvang. Maar dis ongelukkig nie naastenby genoeg om voorsiening te maak vir die stygende lewenskoste nie – elektrisiteit, petrol, kos ens ens.
 

By die Sportronkonvensie in 2010

Sonder die passiewe inkomste uit ons netwerkbesighede sou ons nie die voedselaanvullings kon bekostig het wat tot nou toe ons gesondheid gewaarborg het nie. Ons sou dus ook nes die meeste Suid-Afrikaners, uitgelewer gewees het aan die genade van die “siektebedryf”.

 
Dis hoekom ek elke vennoot van my – ook mense wat net die gesondheidsprodukte wil gebruik – aanmoedig om minstens te probeer om genoeg uit dié vennootskap met Sportron te verdien om darem net vir hulle eie gesondheidsprodukte te betaal.
 
Dit is hoekom dié blog die basiese inligting gratis aanbied oor hoe jy te werk moet gaan om die inkomste van jou keuse te kan verdien.
 
Nog ’n rede waarom ek al die inligting absoluut gratis aanbied, is omdat ek uit eie ondervinding weet watter verskil netwerkbemarking aan ons lewens gemaak het.
 
En dié blog is as’t ware my manier om dankie te sê en iets terug te gee aan die bedryf waaroor daar soveel onkunde bestaan – verstommende onkunde as ‘n mens in ag neem dat netwerkbemarking nou al oor die wêreld heen bekend is daarvoor dat dit gewone mense in staat stel om buitengewone inkomste te verdien.
 
Selfs beroemde sakemanne en beleggers soos Donald Trump, Warren Buffet en Robert Kiyosaki het nou al begin kennis neem van dié ongewone sakekonsep wat die vermoë het om gewone mense te bemagtig. Dis presies hoekom hulle dit beskou as “the business of the 21st century”.

 

____________________________________

Hier vertel ekself hoe ek en Antoinette amper per ongeluk afgekom het op dié ongelooflike besigheidsgeleentheid wat ons lewens totaal verander het. 

____________________________________

  

____________________________________

Hier is ’n opsomming van die video as jy liewer wil lees in plaas van luister:

Behalwe die gesondheidsvoordele wat ons as ’n gesin die afgelope 15 tot 17 jaar beleef het weens ons voorspoedige vennootskap met Sportron, was dit eintlik die finansiële voordele wat selfs meer skouspelagtig was.

Ek het intussen afgetree, maar gelukkig genereer my Sportron-besigheid nou ’n hoër inkomste as my maandelikse pensioen.

Dis netsowel dat ek ’n paar jaar voor my aftrede begin het om my inkomste aan te vul deur ’n Sportronbesigheid deeltyds te begin bou. Oorspronklik was my doel bloot om so gou moontlik genoeg te verdien om vir ons maandelikse voedselaanvullings te betaal.

Boonop verdien  Antoinette vandag baie meer uit haar eie Sportronbesigheid as wat ek ooit as ’n voltydse werknemer verdien het.

As gevolg van al dié voorspoedige verwikkelinge die afgelope klompie jare het ons lewenstyl ook dramaties verbeter. Ons werk nou albei van die huis af, en behalwe uiters goeie gesondheid, geniet ons die ekstra belonings van ’n vennootskap met Sportron: die vryheid om te kom en gaan soos dit ons pas, en die voorreg om oorsee te reis na plekke soos die Copacabana in Rio de Janeiro, die Bahamas, of ’n droom seereis op die Middelandse See – terwyl ons steeds inkomste verdien asof ons nooit weg was nie.

Ek kan met sekerheid sê dat ons 15 jaar gelede nie in ons wildste drome al dié voordele kon voorsien het nie. En vandag is daar mense wat met die hulp en leiding van ander wat, soos ons, uit ondervinding geleer het hoe om vinniger sukses te behaal, dit binne twee jaar begin regkry!

Sportron kan inderdaad aan sy belofte voldoen om ’n verskil te maak in die lewens van mense.

Jy kan ook dié voordele ervaar, maar jy moet die eerste tree gee – en jy kan dit hier op die webblad doen – en verseker wees van my hulp en ondersteuning.

Geniet die reis!

Hoop ons maak gou kennis!

Okkie Venter

___________________________________

‘n Fotoverhaal van ‘n onvergeetlike Sportron-ervaring  

 
 

 

Antoinette en ek in Monaco – 2004

 

 

 

Een van die voorregte wat ‘n mens in dié soort bedryf geniet is die geleentheid om oorsese vakansies te geniet wat geheel en al deur Sportron betaal word.

 

 ________________________________  

 
 

 

Capri – 2004

 

 

 

‘n Absolute hoogtepunt so ver vir my en Antoinette was die Middelandse Seereis in 2004 van Barcelona af tot by Capri en terug.

 

  ____________________________________  

 
 

 

Marianne en Willem – Capri, 2004

 

 

 

Die grootste voorreg is om so ‘n vakansie te geniet saam met ‘n staatmaker  kollega en  haar man – en plekke te besoek waarvan jy net in boeke lees.

 

 

 

Florence in Italië is een so ‘n     plek.

 

‘n Mens waardeer die beroemde Dawidbeeld van Michelangelo  nog meer as jy by hom staan en sien hoe massief die stuk beeldhouwerk eintlik is

 ____________________________________

 

Op die boot self is daar heelwat om te doen, tensy jy dit meer geniet om oor ‘n kranige koppie koffie die volgende bestemming te sien nader kom.

 

 

 

Ons was so vir ‘n volle dag op die oop see om weer op skedule te kom nadat onstuimige see en hoë deinings ons boot vir byna ‘n dag lank in ‘n hawe vasgekeer het. 

____________________________________

By party middeleeuse plekkies was ons boot doodgewoon te groot om in die hawe vas te meer. 

Dit was ‘n hele avontuur om teen ‘n leer af te klouter na ‘n  “taxiboot” wat jou land toe moes vat en later weer moes terugbring.  

____________________________________

Adres: Nielsenrylaan 23, Blairgowrie, Randburg.

Selfoon:  083 289 2839

E-pos:      antok@axxess.co.za

____________________________________

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: