Meer Inligting

____________________________________

Voorbeeld-artikels uit VitaNetwerk

Dié paar artikels is net voorbeelde van die soort inligting en opleidingsartikels wat jy sal kry wanneer jy jou eie besigheid geregistreer het. Hoe jy dit kan doen, word juis in een van die artikels hieronder verduidelik.

Wanneer jy as Sportronvennoot registreer op dié webblad: https://ockert.sportron.co.za/Login of met die registrasievorm wat jy kan aflaai deur hier te klik, sal jy dadelik gratis toegang kry tot die volledige VitaNetwerk-blog met al die beskikbare inligting en agtergrond. (Lees meer oor wat presies VitaNetwerk is)

Hier volg eers net kort opsommings van elk van die uitgesoekte artikels om jou te help kies wat jy eerste wil lees. Die titels en die laaste sinne in elke opsomming is “lewendige” skakels wat jy kan klik om die betrokke artikel oop te maak.

As jy ’n artikel gelees het en ’n ander een wil kies, kan jy terugkeer na dié bladsy toe deur op “Tuiste” of “Voorbeeld-artikels” bo links op elke bladsy te klik.

Die inligting wat jy in die volgende paar uitgesoekte artikels gaan kry, sal vir jou goeie agtergrond gee oor dié besondere besigheidsmodel van netwerkbemarking.

Jou Heel Beste Belegging

Wanneer jy ’n belegging maak in jou eie besigheid, hoe weet jy of dit die geld werd gaan wees? As jy nog nooit ’n besigheid besit het nie, kan jy met jou eerste probeerslag dalk in allerhande slaggate trap – tensy jy seker kan wees van die koste en die risiko’s, en indien daar enige is, hoe jy dit tot die minimum kan beperk. Vind hier uit hoekom beroemde beleggers en entrepreneurs soos Donald Trump en Robert Kiyosaki netwerkbemarking beskou as eintlik die enigste veilige manier waarop gewone mense besigheidseienaars kan word. Klik hier om die volle artikel te lees.

 Bly Langer Jonk

Hoekom bly party mense langer jonk as ander? Daar is baie goeie redes daarvoor en in ‘n groot mate het dit te doen met wat mense elke dag eet, en nie eet nie.  Dié artikel neem jou as’t ware tot binne-in die “fabriek” waar jou liggaamselle vervaardig word om vir jou te wys hoe belangrik die grondstowwe is waaruit jou selle gemaak word, en hoe die beskikbaarheid van daardie grondstowwe bepaal hoe doetreffend nuwe selle geproduseer word, en dus uiteindelik hoe vinnig of stadig jy ouer word. Die artikel verskaf ook inligting oor die gesondheidsprodukte wat jou besigheid aan mense beskikbaar sal stel – en ook aan jouself. Klik hier om die volle artikel te lees. 

Is Jy ’n Gefrustreerde Entrepreneur?

Baie mense wat voltyds vir ’n salaris werk, se lewens is vol frustrasie  – sonder dat hulle dit eintlik agterkom. Die ergste is jy kan eintlik niemand blameer as dit jou lot is nie. Die werk wat jy doen was immers jou besluit, jou keuse. Die artikel sal jou help verstaan hoe jou onderbewuste ingesteldheid en lewensbeskouings eintlik jou keuses bepaal. Dit bied jou ook ’n oplossing as jy dalk een van daardie gefrustreerde werknemers is – in die woorde van een van die wêreld se vooraanstaande sakemanne: one business model in particular …. holds the greatest promise for the largest number of people to get control of their financial lives, their futures, and their destinies.  Klik hier om die volle artikel te lees. 

Voorkoming van Hartsiektes

Dis nog ’n tipiese gesondheidsartikel uit VitaNetwerk wat verduidelik hoe twee redelik onbekende voedingstowwe wat ons elke dag behoort in te kry (maar dit in werklikheid selde doen) eintlik die essensiële bestanddele is vir ’n gesonde hartvatstelsel later in ’n mens se lewe. Die artikel gee ook meer insig in die besondere kwaliteit van die produkte wat tot jou besigheid se beskikking sal wees. Klik hier om die volle artikel te lees.

Hoe om te begin – ’n Paar Suksesstappe

Een van die eerste besluite wat jy moet neem voordat jy ’n besigheid in netwerkbemarking kan begin, is watter maatskappy jy as jou vennoot moet kies. In hierdie artikel noem ek ’n paar van die redes waarom Sportron vir my die enigste logiese keuse was. Jy sal ook in die artikel ’n basiese uiteensetting kry van die stappe wat jy moet volg om jou eie besigheid te kan begin. Klik hier om die volle artikel te lees. 

Hoe om jou aanvullings VERNIET te kry

’n Mens kom dikwels in die versoeking om “geld te spaar” deur minder uit te gee op aanvullings, of om heeltemal op te hou daarmee – tensy jy weet dat voedselaanvulling noodsaaklik is, so noodsaaklik soos om elke dag behoorlik te eet. Hierdie artikel verduidelik hoe jy jou aanvullings GRATIS kan kry – as jy maar net jou geheim kan deel met ’n paar mense wat dieselfde sal wil doen (hulle geheim deel) sodat hulle ook hulle aanvullings verniet kan kry. Klik hier om die volle artikel te lees.

Die verskil tussen sukkel en sukses

‘n Onbekende skrywer het een keer geskryf “the difference between try and triumph is a little “umph”. Sonder geld sal ‘n mens nie ver kom in die lewe nie. Maar in Thailand ontdek derduisende armoedige mense die Sportron-verskil. Dié artikel vertel die verhaal van Suriya Rajakhum wat ‘n eie sake “empire” opgebou het gebaseer op die Sportron-besigheidsmodel. In die proses het hy duisende arm mense se lewens vir altyd verander. Klik hier om die volle artikel te lees.

_____________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: