’n Lewenstylkeuse

 

*****************************************

Spaar tot Vrydag 14 Oktober 2011 R100 op ‘n aanvulling wat vir ‘n gesonde hart en bloedsomloopstelsel absoluut essensieel is. Klik hier vir meer inligting en oor hoe om hartsiektes te voorkom.

____________________________________

Hierdie blog is spesiaal saamgestel om vir jou ’n goeie inleiding te gee tot ’n uiters bekostigbare besigheidsmodel wat jou kan help om die ondervinding en die bekwaamhede wat jy reeds het, te gebruik om vir jouself ’n bron van passiewe inkomste te ontwikkel vir, byvoorbeeld, jou aftrede.

____________________________________

Klik hier om meer te lees oor hoe jy jou eie besigheid geheel en al risikovry kan begin, en oor die aansienlike bedrae wat jy in jou eerste twee maande in besigheid kan verdien – as jy dadelik begin – en dit regkry om die proses suksesvol te dupliseer.

 ____________________________________

 

Wat dit alles vir my beteken het

Ek is entoesiasties oor dié besigheidsmodel omdat dit my gehelp het om, terwyl ek nog in ‘n voltydse werk was en ek dit net deeltyds in my eie tyd kon doen, iets op te bou wat dit vandag moontlik maak om ’n gemaklike aftrede te geniet.

In die afdeling “Oor die skrywer” (klik op die titel hier links in die kantlyn) vertel ek dié verhaal.

Die verleidelikheid van ‘n vaste inkomste

Vir my was die outomatiese keuse aan die begin van my loopbaan ook om die sekuriteit van ’n vaste werk en loopbaan op te soek.

Min het ek destyds besef dat ek my in iets in begeef waaruit dit net nie moontlik sou wees om te ontsnap nie. Die salaris sou ’n noodsaaklikheid word en daar was net geen ander opsies nie.

’n Geleentheid soos dié waaroor dié blog gaan het nie bestaan nie, of daar was geen manier om die inligting te kry nie.

Toeval of bestiering?

Soos jy uit my verhaal sal agterkom, het ek baie om oor dankbaar te wees – veral oor die feit dat ek so 17 jaar gelede per geluk gehoor het van dié alternatief tot ’n vaste werk.

Vir my was dit byna te laat, ’n paar jaar voor aftrede, maar die feit dat dit in dié laat stadium nog steeds so ’n dramatiese verskil in my lewe kon maak, is bewys van die geweldige moontlikhede wat die besigheidsmodel bied aan dié wat bereid is om uit te vind en die feite te kry – en dan die moed te hê om te begin.

Dis hoekom ek dié inligting gratis beskikbaar maak vir wie ookal dit wil hê.

Om ‘n ingeligte besluit te kan neem

Jy sal die volle potensiaal van wat hier tot jou beskikking is, kan begryp as jy dié paar verkorte weergawes van artikels uit my blog, VitaNetwerk, lees deur op die titels of skakels hier onder te klik.

Soos jy sal opmerk is daar ander opskrifte in die linker kantlyn waarop jy kan klik wat jou na ander bladsye in die blog sal neem. En as jy weer wil terugkom na dié bladsy toe, kan jy net op “Tuiste” klik.

Ek hoop jy geniet dié bekendstelling aan ’n besigheidsmodel wat beroemde beleggers soos Donald Trump en Robert Kiyosaki “the business of the 21st Century” noem.

____________________________________

Welkom by dié spesiale inleidende uitgawe van VitaNetwerk.

Kies self jou lewensstyl

Soos jy kan sien uit die collage prentjies hier aan die linkerkant stel dié blog jou bekend aan lewenstyl-moontlikhede waarvoor jy dalk weens ‘n voltydse werk  nie die tyd het nie, of dalk selfs nie die geld nie.

Die saamgestelde prentjie weerspieël op ’n manier die betekenis van die woord “rykdom” in die volgende stukkie raad wat iemand een keer gegee het aan mense wat vasgevang is in ’n werksituasie waaruit hulle nie kan kom nie: werk voltyds by jou werk, en deeltyds aan jou rykdom”.

Wat is rykdom rêrig?

Die woord “rykdom” is eintlik nie so ’n enkelvoudige konsep as wat dit met die eerste oogopslag mag lyk nie. Ware rykdom is, byvoorbeeld,  meer as net geld. Dit is ook genoeg tyd om te kan doen wat jy graag wil met jou geld, en dan die goeie geluk om die gesondheid te hê om dit alles te geniet.

Maar behalwe dié drie elemente wat rykdom uitmaak, is daar ’n vierde element wat jy nodig het om werklik “ryk” te kan wees: ’n doel – ’n hoër doel of ’n “lewensdoel”.

Die besigheidsgeleentheid wat jy besig is om hier te ondersoek, het die potensiaal om jou lewe te verryk met alvier hierdie elemente. Geld en gesondheid is dalk vanselfsprekend en jy sal dit gou agterkom terwyl jy deur die paar items in dié blog lees.

Tyd is die faktor wat jy sal skep terwyl jou besigheid groei.

Jou doel is dalk minder vanselfsprekend. Dit is egter die element waarsonder die ander drie elemente eintlik leeg en betekenisloos is.

‘n Besigheidsmodel met al vier dié elemente

Maar in dié besigheidsmodel wat gebaseer is op ’n vorm van bemarking deur verwysing (“word-of-mouth referral marketing) kom die eerste drie elemente tot stand juis as gevolg van die doel wat jy gaan hê om ander mense te help om suksesvol te wees, omdat dit die enigste manier is hoe jou besigheid sal kan groei.

Kiyosaki oor Netwerke en Entrepreneurskap

Dis dié “doel” of “purpose” wat Robert Kiyosaki hier langsaan in die aanhaling uit een van sy boeke in gedagte het. Hy is die skrywer van die beroemde boek “Rich Dad, Poor Dad”, en is self vandag een van die top rykste beleggers en sakemense.

Met dié stelling moedig hy ons in werklikheid aan om dieper na te dink oor wat ons doen wanneer ons ’n beroepskeuse maak, of ’n besluit neem om maar liewer die finansiële sekuriteit van ’n vaste werk op te soek.

’n Mens kan, byvoorbeeld, vra wat is die doel van ’n werk waarin jy gefrustreerd is omdat jy nie verdien wat jy regtig werd is nie, en waarin jou persoonlike verhoudings en jou gesondheid agteruitgaan as gevolg van aanhoudende stres?

Die alternatief

Hoe sou dit wees om in plaas van ’n werk (of as jy wil, terwyl jy nog ’n voltydse werk het) te begin met ’n eie besigheid wat ’n doel het soos hierbo beskryf – waar jy nie net bepaal wat jy verdien nie, maar waar jy ook die mees gevorderde gesondheidsprodukte kry om self te gebruik om sodoende jou eie en jou gesin se gesondheid te verseker?

Om jou te help om die idee van besigheidseienaarskap beter te verstaan en te help insien hoe maklik jy die eienaar van ’n besigheid “met ’n doel” kan word, bevat die res van dié webblad 5 spesiaal uitgesoekte artikels uit die volledige VitaNetwerk-webblad, plus ’n stel vrae en antwoorde wat vir jou die nodige inligting sal gee om jou eie besigheid self te kan begin.

 ______________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: