Waaroor gaan VitaNetwerk?

________________________________

‘n Gratis “Kursus” in Netwerkbemarking

VitaNetwerk is ’n elektroniese nuusbrief wat minstens een keer per maand uitgestuur word aan al my Sportron-vennote.

Die doel daarmee is onder andere om praktiese hulp en leiding te gee oor

  • wat netwerkbemarking is
  • wat die beste metodes is om jou Sportronbesigheid uit te bou
  • hoe jy Sportron se kompensasieplan die beste kan gebruik om jou inkomste te laat groei
  • hoe jy jou eie vennote kan help om suksesvolle ondernemings te bou 

Die nuusbriewe sal jou ingelig hou oor

  • enige nuwe produkte wat Sportron beskikbaar stel
  • enige spesiale aanbiedings waarop jy kan bespaar
  • enige aanmoedigingspakket wat van tyd tot tyd geleenthede skep om groter inkomste te verdien
  • enige van die talle byeenkomste oor gesondheid en die besigheid wat Sportron amptelik aanbied (Die artikel in hierdie blog oor Die voorkoming van hartsiektes” is ’n voorbeeld)
  • enige verwikkelinge wat jou kan help om jou Sportronbesigheid uit te bou.
  • enige nuwe opleidingsvideos, -CDs, pamflette en ander materiaal wat beskikbaar gestel word en wat jou kan help in die uitbou van jou besigheid. 

VitaNetwerk gaan ook oor persoonlike ontwikkeling. Om ’n suksesvolle netwerkbemarkingsbesigheid op te bou, moet ’n mens self groei. In dié blog sal jy heelwat artikels vind wat fokus op onderwerpe soos

  • persoonlike kontak en verhoudings in ’n netwerk
  • die rol van jou onderbewustelike ingesteldheid in die lewenskeuses wat jy maak (die artikel oor “Is jy ’n gerustreerde entrepreneur?” elders in dié blog is ’n voorbeeld)
  • die ontwikkeling van ’n positiewe ingesteldheid
  • die ontwikkeling van die vermoë om maklik gesprekke aan te knoop
  • doeltreffende kommunikasie
  • eie selfverantwoordelikheid in ’n situasie waar jy jou eie baas is
  • doeltreffende bestuur van jou tyd 

Orals in begenoemde artikels sal jy dikwels ook verwysings kry na boeke wat jou verder kan help en videos wat verdere inligting verskaf.

VitaNetwerk is inderwaarheid ’n klein “universiteit van die lewe” waartoe jy gratis toegang kry.

Dié gratis toegang is een manier waarop ek vir jou dankie sê wanneer jy as my Sportronvennoot registreer, en dis een van ’n paar maniere waarop ek alles in my vermoë sal doen om jou te help om suksesvol te wees.

Op jou sukses!

Okkie Venter

____________________________________

E-posadress: antok@axxess.co.za

Selfoon: 083 289 2839

____________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: