Loop ek enige risiko’s?

____________________________________

Watter risiko’s is daar en watter ondersteuning kan ek verwag?

Die enigste geld wat jy kan “verloor” is die geld wat jy in jou besigheid belê. Maar dis geld wat jy in elk geval reeds spandeer wanneer jy skoonmaakgoed vir die huis koop, of sjampoe en tandepasta en handerome ensovoorts, en gesondheidsprodukte.

Al wat jy nou doen, is om daardie geld by jou eie besigheid te bestee. Dis jou belegging!

Netwerkbemarking is per definisie ’n stelsel waar jy terwyl jy jou eie besigheid op die been kry die meeste ondersteuning kan verwag. En dieselfde geld vir enige iemand wat in vennootskap met jou ’n eie besigheid wil begin.

Die uitdrukking “you are in business for yourself but not by yourself” is wêreldwyd bekend waar daar ookal netwerkbemarkers is.

Jy is in vennootskap met ’n internasionale maatskappy, en met my (of die persoon wat jou aan Sportron bekend gestel het) as jou gids en mentor. Dié ondersteuning sal altyd daar wees solank jy dit benodig.

Die maatskappy verskaf ook CDs, videos en ander opleidingsmateriaal.

So, dit is ’n risikovrye besigheid waarin die produkte reeds ontwikkel is en verskaf word deur Sportron. Die maatskappy sorg ook vir die verspreiding van die produkte.

Jy het ook nie werknemers met al die kopsere en uitgawes wat dit meebring nie nie. Jy het nie ’n infrastruktuur nodig nie (behalwe ’n kantoor in jou huis met ’n foon en ’n rekenaar, en ’n motorkar), en jy hoef ook nie voorraad te koop en aan te hou of te versprei nie.

Maar wat jy wel nodig het, is die vermoë en die gewilligheid om persoonlike verhoudings met mense op te bou. Dis in werklikheid jou “werk”, en dis waar die groei in jou besigheid vandaan gaan kom.

____________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: