Hoe werk die besigheid?

____________________________________

Wat sal my “werksbeskrywing” wees?

 Daar is ’n verkoops-opsie ingebou in die besigheidsplan as een van die 12 maniere waarop jy inkomste kan verdien.

Maar die besigheid is eintlik nie gebaseer op die eenmalige verkope van produkte nie. Dit gaan veel eerder oor die vind van lojale kliënte wat op ’n gereelde maandelikse basis self hulle produkte by die maatskappy se afsetpunte of oor die internet sal koop en gebruik.

Soos jy sal sien, is dié produkte van so ’n hoë gehalte, en so gesog en waardevol dat dit nie moeilik sal wees om ’n lojale kliëntebasis op te bou van mense wat ter wille van hulle gesondheid die produkte wil gebruik nie.

Dié verbruikers aan wie jy bemark, word basies jou kliënte – eintlik jou vennote wat nes jy registreer al wil hulle net die produkte gebruik. Hulle registreer bloot om die 23% afslagprys by die maatskappy te kry, nes jy.

En elke keer as hulle daarna weer koop, verdien jy klein kommissies. Hierdie vorm van “passiewe” inkomste sal mettertyd, namate jou besigheid groei, jou belangrikste bron van inkomste word.

Die maatskappy wie se produkte jou besigheid sal bemark is ’n bekende internasionale netwerkbemarkingsmaatskappy wat in gesondheid en finansiële welsyn spesialiseer. Die maatskappy is 20 jaar gelede gestig en doen tans besigheid regoor die wêreld van lande in Suid- en Noord-Amerika regoor Afrika tot in die Verre Ooste.

In vennootskap met dié maatskappy, Sportron International, het jou besigheid toegang tot ’n kommissie- en bonusgebaseerde kompensasie-sisteem wat dit vir jou moontlik maak om jou inkomste uiteindelik op 12 verskillende maniere aan te vul.

Die sisteem is ontwerp om jou te vergoed elke keer as een van jou vennote produkte koop.

Dit beteken dat jy entlik net een “verkoopstransaksie” beklink deur ’n lojale verbruiker te skep wat dan in die toekoms direk by die maatskappy koop (by depots oor die hele land) of oor die internet, terwyl jy op ’n herhalende wyse vergoed word elke keer as die persoon weer koop.

Geen verspreiding of aflewering van produkte word van jou verwag nie, alhoewel goeie opvolgwerk om verhoudings te bou deel is van die werk van ’n goeie netwerkbemarker.

Maar om noemenswaardige groei in jou besigheid te bewerkstellig, kan jy nie net op “lojale klante” of “goeie verbruikers” staatmaak nie.

Dit is absoluut noodsaaklik om leiers te vind en as jou vennote te help om hulle eie besighede te vestig en te laat groei, want wat ookal in hulle besighede gebeur het ’n direkte uitwerking op jou eie besigheid – en jou inkomste!

Dus, die vind en ontwikkeling van besigheidsleiers sal verreweg die belangrikste element van jou “werksbeskrywing” wees.

_________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: