Hoe gou kan ek geld maak?

____________________________________

Vinnige bonusse as jy die duplikasieproses gebruik

____________________________________

Let Wel

Jy kry hier ’n redelik gedetailleerde beskrywing van 2 van die 12 maniere waarop jy binne die eerste paar maande ’n  inkomste kan verdien uit jou eie besigheid as jy die duplikasieproses gebruik wat in die sisteem ingebou is.

____________________________________

Wat is dié duplikasieproses?

Jy moet heel eerste die proses begin deur jou besigheid te registreer by ’n netwerkbemarkingsmaatskappy, soos Sportron Internasionaal. (Lees die artikel oor “Hoe om te begin” vir die redes waarom ek Sportron gekies het.)

Terselfdertyd aktiveer jy die besigheid (open jy as’t ware die deure vir besigheid) deur jou eerste maand se produkte te koop en dit te begin gebruik.

As jy dié twee eenvoudige stappe uitgevoer het, is jy in ’n posisie om inkomste te begin genereer deur stap 3 van die duplikasieproses toe te pas: dit is om iemand anders te vind wat soos jy ’n eie besigheid wil besit en so gou moontlik ’n ekstra inkomste wil genereer.

Die volgende stap in die duplikasieproses is om (met of sonder my hulp) vir jou nuwe vennoot te wys hoe om sy eie besigheidsvennoot te vind en hoe om die duplikasieproses self verder deur te voer sodat die nuwe vennoot self ook ‘n inkomste begin verdien.

Belangrik om te onthou

Jy gaan baie mense kry wat net die produkte wil gebruik vir hulle eie gesondheid. Hulle sal waarskynlik vir jou sê hulle wil glad nie produkte  verkoop nie – al het jy dalk vir hulle gesê ‘n mens hoef glad nie produkte te verkoop nie.

Dié mense mag natuurlik ook registreer om die 23% afslag te kry. So, jy kan dus ook net ‘n produkgebruiker wees. Baie besigheidsbouers begin as produkgebruikers! Ek was een van hulle.  

Hoe verdien ek geld deur so ’n sisteem te dupliseer?

Vir elke persoon wat jy registreer betaal jou Sportronbesigheid jou aan die einde van die volgende maand ’n minimum bedrag van R50.

Jou nuwe vennoot kan self teen die einde van, byvoorbeeld, Julie die minimum R50 ontvang as hy of sy self in Junie ’n eerste vennoot registreer.

Dis dié duplikasie waarvoor jy dan ’n heelwat groter ekstra vergoeding gaan ontvang!

Omdat jy jou vennoot so gelei en geïnspireer het dat hy dadelik (binne sy eerste twee volle maande) die proses gaan dupliseer het deur self ’n vennoot te registreer, sal jy teen die einde van Junie met tussen R130 en R150 daarvoor vergoed word – bloot omdat jy die duplikasieproses suksesvol voortgesit het.

Byvoorbeeld: as jy 2 nuwe vennote in Junie registreer, en die twee registreer elk ook 2 nuwe vennote in Junie (dus 4 tussen hulle twee), sal jou inkomste teen die einde van Julie tussen R600 en R700 wees.

Maar kyk wat gebeur as julle almal besluit om net een ekstra vennoot te registreer – dus 3 in plaas van net 2 elk. Dit sal jou inkomste opstoot na tussen R1300 en R1500, meer as dubbel die inkomste van die vorige voorbeeld.

Dis ’n duidelike illustrasie van die eksponensiële krag wat in netwerkbemarking tot jou beskikking is.

_____________________________________

Lewer kommentaar