Die Inkomste-potensiaal

____________________________________ 

Hoe gou kan ek geld verdien en hoeveel kan ek verwag?

Daar is altesaam 12 verskillende maniere waarop jy deur jou Sportronbesigheid inkomste kan genereer. Vyf van die twaalf is dadelik vir jou beskikbaar terwyl die ander sewe beskikbaar raak soos jou besigheid groei.

Die besondere model van netwerkbemarking is gebaseer op suksesvolle verwysings wat uiteindelik (nadat jy so 5 tot 10 jaar voltyds as besigheidsvennoot betrokke was) vir jou ’n passiewe inkomste van meer as R50 000 per maand kan genereer, as jy kan doen wat volgens die besigheidsplan vereis word.

Jy sal dan van al 12 inkomste-moontlikhede ’n inkomste verdien.

Om dié punt in jou besigheidsloopbaan te bereik moet jy leiers vind en ontwikkel wat ook wil bereik wat jy bereik het – deur presies te doen wat jy gedoen het, naamlik om self leiers te vind en te ontwikkel.

Wanneer jy dié soort hefboomkrag (leverage) ontwikkel het, sal jou besigheid vanself eksponensieel groei, selfs wanneer jy dalk oorsee vakansie hou.

Oor die kort termyn is daar verskillende vorms van aktiewe inkomste waaruit jy enige iets tussen R500 en R5000, self R10 000 en meer per maand kan verdien binne jou eerste paar maande as besigheidseienaar – as jy kan doen wat volgens die besigheidsplan vereis word om daardie soort inkomste te verdien.

Soos jou besigheid groei en jy verskillende statusvlakke bereik (daar is altesaam 9 statusvlakke), kry jy ook eenmalige bonusse wat wissel van R2000 vir die eerste statusvlak tot by R100 000 wanneer jy die laaste statusvlak bereik.

Jy kan natuurlik ook die produkte verkoop teen die kleinhandelprys wat jou ’n wins van 23% op elke produk sal besorg. Wanneer jy grootmaat aankoop, kry jy vir jou totale aankope in ’n bepaalde maand bo ’n sekere minimum hoeveelheid, ’n elstra 30% terug. Jy kan dus effektief 53% wins maak op daardie aankope.  

____________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: