Voorkom hartsiektes

____________________________________

Hartkwale is meestal lewenstylsiektes

Voorkoming beter as genesing

Om hartkwale te voorkom, is baie beter as om dit te probeer genees. So sê dr Alan Tomlinson in ‘n Lewenstyl-seminaar onlangs waar hy gepraat het oor hoe hartkwale voorkom kan word. 

Die feit dat baie van ons deesdae vatbaar is vir allerhande hart- of kardio-vaskulëre siektes is volgens hom die gevolg van lewenstylfaktore saam met kroniese tekorte aan sekere essensiële voedingstowwe soos Vitamien C en Omega 3 vetsure.

Die res van die artikel beskryf die wonderlike rol wat dié twee voedingstowwe binne-in ons are speel.

Dr Tomlinson is die mede-stigter van SPORTRON Internasionaal, en op baie plekke in die wêreld bekend as ’n deskundige op die gebied van gesondheid en voedsel-aanvulling.

Hy het onder andere rook, gebrek aan oefening en verkeerde eet- en drinkgewoontes uitgesonder as van die lewenstylfaktore wat grootliks bydra tot die meeste mense se kardiologiese ellendes.

Maar dit was eintlik twee beskeie voedingstowwe wat die kalklig gesteel het as die, ’n mens kan amper sê, ‘towerformules’ wat binne-in ons liggame stilletjies aan die werk is om te verseker dat ons bloedsirkulasiestelsel gesond bly tot op ’n rype ouderdom – AS die twee voedingstowwe altwee in groot genoeg hoeveelhede en in die regte formaat beskikbaar is in ons liggame.

Die twee bestanddele is Vitamien C, wat in vars geplukte vrugte en groente aangetref word, en Omega 3 essensiële vetsure wat ’n mens kry in olieryke vis soos makriel, sardientjies en salmvis.

Soos ek die hoogs-wetenskaplike, maar terselfdertyd vermaaklike uiteensetting verstaan het, werk dié twee voedingstowwe op ’n wonderlike manier apart van mekaar in ons liggame, maar terselfdertyd is hulle ook saam verantwoordelik vir ’n delikate balanseertoertjie om dinge in ons bloedvate normaal en gesond te hou.

Vitamien C

Dr Tomlinson het verduidelik hoe matrose in die ou dae ’n siekte met die naam skeurbuik ontwikkel het terwyl hulle op ’n bootreis was en soms maande lank sonder vars vrugte en groente moes klaarkom. Skeurbuik is ’n siekte wat veroorsaak dat die pasiënt inwendig aan die bloei gaan wanneer bloedvate letsels begin opdoen en selfs barsies kry.

Destyds is gevind dat as die pasiënte ’n kunsmatige chemies-geïsoleerde vorm van Vitamien C, genaamd askorbiensuur, inkry dit hulle toestand verbeter het. En so het askorbiensuur bekend geword as ’n kuur vir skeurbuik.

(Dis nogal interessant dat Engels twee name het vir die siekte: “scurvy” en “scorbutus”. Dit laat mens wonder of die laaste naam dalk afgelei is van die enigste middel wat destyds gehelp het: “ascorbic acid” in Engels. Dalk is die Afrikaanse naam “skeurbuik” ook ’n verwringing van “scorbutus”.)

Die moderne wetenskap het nou vasgestel dat in normale, redelik gesonde mense ’n tekort aan genoeg daaglikse hoeveelhede Vitamien C ook, soos in die geval van die matrose van ouds, klein lekasies in die bloedvatwande kan veroorsaak.

Omdat die meeste mense darem hier en daar ’n vrug of ’n stukkie groente inkry is die proses stadig genoeg om die liggaam ’n kans te gee om ’n bietjie herstelwerk binne in die are te doen.

Dis wanneer Omega 3 en ’n ander uiters belangrike bestanddeel, kolesterol, ’n rol begin speel.

Heel aan die begin, wanneer die klein letsels teen die aarwande begin verskyn, reageer die liggaam deur kolesterol na die krisisareas toe te stuur om die “lekke” as’t ware te gaan lap.

Hoe die klein letseltjies teen aarwande "toegesmeer" word

En so kry die bloedvatwande mettertyd ’n laag kolesterol. Dis dié kolesterol-afsettings wat later allerhande bloedsomloop-probleme, hoë bloeddruk en hartsiektes veroorsaak.

So, die regte soort Vitamien C lyk na ’n uiters belangrike aanvulling as ’n mens vroegtydig wil voorsorg tref om bogenoemde komplikasies later in jou lewe te voorkom.

’n Voetnoot oor Kolesterol

Die lewer maak al die kolesterol wat jou liggaam nodig het. So, as jy nou boonop nog heelwat vetterige kos ook eet, baie vleis byvoorbeeld, wat ’n groot hoeveelheid kolesterol bevat, kan jy jou bloedkolesterol verhoog tot ver bokant die normale vlakke wat nodig is vir die daaglikse funksionering van jou liggaam.

Dit is dié ekstra kolesterol wat die groot probleem is.

Maar het jy geweet dat daar twee soorte kolesterol in jou liggaam is: “goeie” kolesterol (HDL) waarvan jy in werklikheid genoeg in jou bloed moet hê om gesond te bly, want dit verwyder eintlik die “slegte” kolesterol (LDL) uit jou are?

Dit beteken dat ’n “oorlogsverklaring” teen alle kolesterol in jou liggaam eintlik gevaarlik kan wees. Klik hier om meer te lees. As jy meer in-diepte-besonderhede soek, klik hier.

Omega 3

Gelukkig is daar hulp in dié verband. Dit staan bekend as “essensiële vetsure”. Dié bestanddele word “essensieel” genoem omdat die menslike liggaam nie dié vetsure kan maak nie. Dit moet kom van die kos wat jy eet.

Dié vetsure is noodsaaklik om onder andere in die liggaam die koers waarteen bloed stol te reguleer en om inflammasie hok te slaan; en dit help ook om die bloedvatwande skoon te hou van kolesterolaanpaksels.

Omdat jou liggaam nie hierdie vetsure kan vervaardig nie, moet hulle deur die kos wat jy eet ingeneem word of deur voedselaanvulling.

So vir die Omega 6 vetsure moet jou dieet byvoorbeeld groentesoorte bevat soos sojabone, of sonneblom of die nagkersplant (die woordeboek se weergawe van “evening primrose” – as iemand dalk weet van ’n meer bekende Afrikaanse naam vir dié plant, laat weet asseblief).

Vir die Omega 3 vetsure sal jy genoeg van die olieryke visse soos makriel, sardyntjies of salmvis (“salmon”) moet eet.

Maar om jou daaglikse voorraad Omega 3 op dié manier in te kry is effens problematies, om twee redes: die meeste van ons eet selde indien ooit 3 tot 4 keer ’n week van dié olieryke vissoorte, en tydens die verteringsproses moet die vetsure deur ’n uitgerekte en moeilike transformasieproses gaan waarby verskeie ensiemes betrokke moet wees.

Die proses word verder bemoeilik deur faktore soos hoë bloedsuikervlakke, en ’n dieet wat versadigde vette bevat.

So die meeste van ons het ten slotte nie genoeg van die “getransformeerde” vetsure in ons liggame nie, en dit tesame met ’n tekort aan Vitamien C voorspel hartmoeilikheid.

Maar daar is hoop

SPORTRON se kardiopak bevat reeds die mees kragtige en effektiewe FoodState Vitamien C beskikbaar in C-GARD. Verder bevat die pak CIRCUTRON, ’n formulering wat omvattende ondersteuning bied aan die hele bloedsirkulasiesisteem.

En nou ingesluit in die pak is OMEGATONE 3, ’n kragtige visolie-aanvulling wat die reeds getransformeerde aktiewe bestanddele van essensiële vetsure bevat. Met ander woorde, deur Omegatone 3 as aanvulling te neem, spaar jy jou liggaam die moeisame transformasieproses wat nodig is om Omega 3 vir jou liggaam beskikbaar te maak.

Om die effektiwiteit van die aanvulling verder te verhoog is Magnesium, Sink en Vitamien B6 as ko-faktore bygevoeg.

 Klik hier om meer uit te vind oor dié drie aanvullings .

____________________________________

Bespaar groot op C-Gard

Bestel tot Vrydag 14 Oktober 2011 ‘n Kardiopak (Circutron, C-Gard en Omegatone 3) en spaar R100 as jy ‘n ekstra C-gard daarmee saamkoop. Die kode vir dié spesiale aanbieding is 5062. Prys vir een Kardiopak en ‘n ekstra C-Gard is R381 en die produkpuntwaarde is 127ppp.

_____________________________________

Hier is ‘n kort video waarin dr Tomlinson self verduidelik wat presies FOODSTATE is en hoe dit verskil van die standaard chemies-geïsoleerde aanvullings.

____________________________________ 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: